Manhaftige straatkind

Hier staan hy by die rooi robot.
'n Klein halfmensie
op sy toontjies en leun
om die agterruit
van 'n hoë motor met
gesteelde ruitwasser
met ongemak skoon te maak.
Die ander halfmensie
eet gulsig, vinnig
aan reeds afgeëte Kentuckybeentjies
uit iemand se weggooihouer.
Dis groen.
'n Ongeërgde bestuurder
stuur voort, vinnig, wroem!
Tone, tone agterna, gooi
halfmensie sy misnoeë
uit die waterbottel teen
die agterbak en wag moeg,
uitgeput, vir die volgende rooi.

Floris A Brown

Maak geen misbruik van dit gedicht.
Do not misuse this poem.
Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl