Is jy ook gehoek aan die elmboog
na die oor konneksie ; snel tegnologies
veranderde węreld laat ons spring
agter die geringste gerieng - rieng - rieng.
Ons bly half-gefokus in alles wat ons doen.
Ons ore staan aldag, heelnag jakkalsspits
vir spoggeluide van die digitale klank ; hoe
baie is na die kerkhof, gedieng - dong - dieng.
| Maak geen misbruik van dit gedicht. Do not misuse this poem. Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl |
||||