Pa was 'n grof, bruusk, groteske man
'n myner met 'n fluitgehyg-kwaal.
Sy grof knorrige hande wou net
altyd alles breek.
Almal en alles regsit, op hul plek sit.
Altyd reg.
Die regmaker wat met
brutale krag alles kon reguit buig.
Ook, ons verkeerd.
Tot dié dag, dat die kwaal hom
op sy plek sit.
In sy bed sit.
Voor die hemelse hek sit.
| Maak geen misbruik van dit gedicht. Do not misuse this poem. Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl |
||||