die nêrens volkie

so tussen die
wit swart bruin
sperm
het hul gekom, die nêrens volkie

deur troebel water
en oogbot mis
van wie ek ook vandag een is

aan die begin
was alles tog so gelyk

toe word daar geskommel
wit bo, swart onder,
ons so tussen in

toe word daar weer geskommel
swart bo, wit onder,
en ons steeds so tussen in

waarheen
is my ou nêrens volkie
tog op pad ?

Floris A Brown

Maak geen misbruik van dit gedicht.
Do not misuse this poem.
Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl