MATRIKULANT

Ons, het nes julle, in banke gesit
nes julle, moes ons vir ses
van die beste buk.
Ons was ook maar nes julle,
stout, gevloek, baklei,
gereeld in die moeilikheid.
Toe kom die handomkeer.
Ons moes nes julle, keuses maak
dus, sober wees of vat 'n dwelm,
vroeg slaap of middernag fuif,
talente beoefen of bly volstruis,
eerlik of bly agterdogtig skelm.
Ons het maar nes julle,
die pad soms lekker byster geraak,
geval, opgestaan, weer geloop.
Vandag staar die wêreld
met spyker-oë na jou,
as jy toe-oog loop, gaan iets jou steek,
maar as jy GOD eerste stel
in jouself glo en sê: " Ek wil wen,
ek wil en sal bo uitkom, "
sal jy GOD agter jou voel asemhaal,
jou aandruk tot oor jou oorwinningskreet
vir 'n nuwe begin,
nuwe studies,
miskien 'n werk wat wink,
iewers in Sy goue reënboog-kring.

Floris A Brown

Maak geen misbruik van dit gedicht.
Do not misuse this poem.
Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl