Nommer sonder naam

sewe kindergraffies in 'n ry
in distriks-munisipaliteitskantore
is ons per sy aan stry
oor jy sê nie vir my
oor geld wat wie moet kry

sewe kindergraffies in 'n ry
waar armoediges in reën
gly, vastrap, sonder stry
almal is stil oor wat hul name is
net nog 'n nommer op 'n M.I.V. / VIGS kis

aksieplanne word wêreldwyd opgestel
met kursusonderbrekings aan
hoë amptenare, gesoek op hul sel
miljoene geinfekteerdes huil in die reën
wag en soebat, op GOD se genade seën

sewe kindernommertjies huil in my hart
vigsaktiviste werk, huil, deur al die smart
oor lewens wat nou slegs 'n nommer is.
Die keuse is joue. Gebruik 'n kondoom, of
word ook 'n nommer sonder naam, in 'n kis

Floris A Brown

Maak geen misbruik van dit gedicht.
Do not misuse this poem.
Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl