wil ek net, my doodgewoon, ek wees
weg van skewebeelde van hoe mense
met dieper geheime, na my kyk
wil ek in myself wandel sonder vrees
weg van die gejaag na roem, rykdom
skulpies optel, na wulpse branders gryp
wil ek in myself, van myself lees
weg van mense wat veg oor grond
liefde, mekaar om elk eerste plek, fnuik
wil ek wees op plekke waar my voete
die klam-nat van seesandkorrels voel
waar ek kan lees uit hoogheilige boeke
waar ek kan loop met 'n hart vol wense
vér weg, van op-die-grond-kots-mense
| Maak geen misbruik van dit gedicht. Do not misuse this poem. Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl |
||||