Kokaïen

Onderdeur dit alles, Mamma,
bly ons kinders vir jou lief.
Pa kon nooit daarin slaag
om dwelms van jou weg te hou.
Nou moet óns help, om lyfband
om jou bo-arm styf te vou.
Nou moet ons mekaar aansê,
om geduldig met jou te wees.
Ons gesoebat, ons gehuilsmeek,
kon nie die kokaïen weghou
van pa se daaglikse sweet.
Ons is so bang julle laat ons wees.
Tog moes ons vannag loer,
hoe jy weer eens sterf,
met stuiptrekkings op die vloer.

Floris A Brown

Maak geen misbruik van dit gedicht.
Do not misuse this poem.
Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl