>

Kleine hartedief

Jy het soos 'n dief gekom
versigtig, eers loer, skelm-skelm
suutjies het jy jou voetjies
oor my drumpel gestoot
en jou handjies, sagte handjies
vlekkies op my deur en muur gelaat
jou ogies het jy in my spieël gelos
en jou oortjies agter elk kas se deur
die rondings van jou lippies lê
op sloop, soos perskes wat droog
en in my loop op die mat in die gang
hoor ek jou neusie snuif-snuif gaan
in die stilte van my kamers en kombuis
weet ek, jou rosegeur, wil nie verhuis.

Floris A Brown

Maak geen misbruik van dit gedicht.
Do not misuse this poem.
Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl