( Geïnspireer deur Gerda Leithgöb
Na 7jaar opvolg gedig op die nêrens-volkie
Uit: Die Woudmaker & Nuwe Verset )
Jy behoort van beter te weet
jy is een van ons
jy ken ons paaie
paaie wat ons geloop het
as kind.
Jy behoort van beter te weet
jy bly een van ons
ons wat sakke sout
suur bitter en soet
deurleef het.
Jy behoort van beter te weet
jy sterf . een van ons
jy word begrawe
tussen een van ons
jy bly ons.
Jy behoort van beter te weet
van oorsese en inheemse
bloed in ons are, van ons vatmaar
manier van doen en leef in
eerbied en nederigheid voor GOD.
Wat beteken jou jare se sweet
om jou hoogheidslettere as wit
of swart voor te doen ? Ons eer
en respekteer jou, maar jy,
behoort van beter te weet.
Ons slaan die tentpenne in
ons anker Suid-Afrika
ons anker die volk want GOD
is geanker in ons. Die ANKERVOLK
voor en vir die nasies van die wêreld.
Jy behoort van beter te weet
van ons wat die skaal swaai
na wit of swart. Ons wat
bepaal wie regeer in Suid-Afrika.
Ons Bruinmense. Die ANKERVOLK.
ANKERVOLK VAN GOD!
Ek, ons, wag op julle om
die land te regeer, te bou
op 'n rots, simbool,
van ANKER, KETTING & TOU.
| Maak geen misbruik van dit gedicht. Do not misuse this poem. Meer informatie / more information gedichten@indronten.nl |
||||